Geelbekeend
voëlspesie
Die geelbekeend (Anas undulata) is 'n algemene standvoël in Suidelike-Afrika.
Geelbekeend | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. undulata
|
Binomiale naam | |
Anas undulata | |
Subspesies | |
|
Identifikasie
wysigDie eende is grys met 'n donkerder kop en 'n heldergeel snawel. Die snawel het 'n swart kol in die middel. Die vlerke is witterig aan die onderkant, en van bo gesien vertoon wit-begrensde groen hoofvere.
Habitat
wysigHierdie eend verkies vars water in redelik oop gebied.
Broeigewoontes
wysigHulle broei op die grond in digte plantegroei naby water. 'n Broeisel bestaan normaalweg uit ses tot twaalf eiers.
Dieet
wysigDie geelbekeend is 'n plantvreter en 'n dageend, d.w.s. hy is bedags aktief.
Verspreiding
wysigHulle is baie volop en vorm soms groot swerms wat wydverspreid is in Suid-Afrika en Oos-Afrika.
Geluid
wysigDie manlike eend uiter 'n fluitgeluid en die vroulike eend 'n kwêk-geluid.
Subspesies
wysig- A. u. rueppelli
- A. u. undulata
Ander name
wysig- Engelse naam: Yellow-billed Duck
- Wetenskaplike naam: Anas undulata
Sien ook
wysigBronnelys
wysig- KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899, ISBN 0 7981 0836 3