Geelslang
slangspesie
Die Geelslang (Naja nivea) is 'n slang wat voorkom in die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat en Oos-Kaap. Die slang word ook die koperkapel of Kaapse kobra genoem.
Geelslang | |
---|---|
'n Goudbruin, nagaktiewe individu by die Nossobrivier, Kgalagadi-vredespark | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | N. nivea
|
Binomiale naam | |
Naja nivea | |
verspreiding | |
Sinonieme | |
|
Voorkoms
wysigDie slang se kleur wissel van geel tot geelbruin gevlek met donker kolle, tot donker rooierig bruin. Die punt van die stert is swarterig. Jong slange het 'n donker keelband wat ligter word namate hulle volwasse raak. Die geelslang maak ook sy kop bak wanneer hy bedreig word en sy lengte wissel van 1.2 – 2 m.
Gif
wysigDie gif is senuvergiftend en onmiddellike behandeling is nodig anders sterf die slagoffer weens verlamming en versmoring. 'n Teengif is beskikbaar.
Galery
wysig-
Met opgeblase long drywe dié swemmer en maak 'n bakkop soos op land
-
'n Terugtog na 'n jagtog op versamelvoël-neste in suidelike Namibië
-
Vroegoggend afgeneem as prooi in die kloue van 'n reuse-ooruil in die Kgalagadi
Sien ook
wysigBron
wysig- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
Verwysings
wysig- ↑ "Naja nivea". ITIS Standard Report Page (in Engels). ITIS.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2018. Besoek op 19 Januarie 2012.
- ↑ Uetz, Peter. "Naja nivea (LINNAEUS, 1758)". The Reptile Database. Reptile database. Besoek op 25 Februarie 2012.