Gelada
Gelada (Theropithecus gelada) is ’n primaat in die geslag Geladas (Theropithecus), wat baie na bobbejane lyk. Die mees uitstaande kenmerk van die geladas is die rooi, haarlose vlek op hul bors.
Gelada | |
---|---|
'n Mannetjie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | Theropithecus I. Geoffroy, 1843
|
Spesie: | T. gelada
|
Binomiale naam | |
Theropithecus gelada (Rüppell, 1835)
| |
Verspreiding |
Die gelada word sowat 70 tot 74 cm lank. Hul hoofvoedsel is gras, die enigste primaatsoort wat van gras leef. Geladas hou in groepe met aan die hoof daarvan ’n dominante mannetjie wat waak oor sy harem en nageslag. Mannetjies wat ’n trop oorneem, bring die kleintjies van sy voorganger om die lewe. Wyfies wat nog dragtig is van die vorige leier, kan hierdie lot vryspring deur spontaan ’n miskraam te kry, die sogenaamde Bruce-effek.
Geladas kom uitsluitlik voor in die Ethiopiese Hoogland. Hul is vredeliewend en “praat” deurlopend met mekaar.
Verwysings
wysig- ↑ Gippoliti, S. & Hunter, C. (2008). Theropithecus gelada. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 4 Januarie 2009.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gelada.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Gelada