Geodetiese Boog van Struve
Die Geodetiese Boog van Struve strek van Hammerfest in Noorweë tot aan die Swartsee en is die eerste akkurate meting van ’n meridiaan.[1] Dit is 2 820 km lank en loop deur 10 verskillende lande. Die doel daarvan was om betroubare berekeninge te maak oor die vorm en grootte van die aarde deur middel van die noukeurige opmeting van groter afstande op die oppervlak van die planeet.
Geodetiese Boog van Struve* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die mees noordelike stasie van die Geodetiese Boog van Struve is in Fuglenes, Noorweë. | |
Lande | Rusland, Noorweë, Swede, Finland, Estland, Letland, Litaue, Belarus, Moldowa, Oekraïne |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | ii, iii, vi |
Verwysings | 1187 |
Streek† | Europa en Noord-Amerika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 2005 (29ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
By ’n geodetiese boog word gebruik gemaak van driehoeksmeting om die presiese afstand tussen twee punte vas te stel. Deur die herhaling van die metode kan ’n ketting van metings oor groot afstande opgebou word.
Beskrywing
wysigDie Boog van Struve het 265 meet- en waarnemingspunte gehad wat tot tientalle kilometers uit mekaar gelê het, en is aangedui met onder meer gate in rotse, ysterkruise, stene en obeliske. Van hulle bestaan 34 nog en hulle vorm ’n tasbare herinnering aan dié enorme projek.
Die boog is genoem na die sterrekundige Friedrich Georg Wilhelm von Struve. Onder sy toesig is tussen 1816 en 1855 altesaam 258 driehoeke bereken. Die boog is ’n opmerklike voorbeeld van samewerking tussen wetenskaplikes uit verskillende lande en tussen verskillende staatshoofde.
In 2005 is die 34 nog herkenbare punte van die Geodetiese Boog van Struve (en daarmee die projek self) op die Unesco-wêrelderfenislys geplaas.
Lande
wysigDie boog het aanvanklik net deur Swede-Noorweë en die Russiese Keiserryk geloop, maar eindelik deur die volgende 10 lande, die meeste van enige Unesco-wêrelderfenisgebied:[1]
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- By Unesco
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Geodetiese Boog van Struve.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia