Gerda Steyn
Gerda Steyn (gebore 3 Maart 1990) is 'n Suid-Afrikaanse vrouemaraton- en ultramaratonatleet. Sy het die op-Comrades in 2019 in 'n nuwe rekordtyd van 5:58:53 gewen, die eerste vrou ooit wat onder ses uur kon aanteken in die opwedloop.
Gerda Steyn | |
---|---|
Gebore | 3 Maart 1990 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Maratonatleet |
Ouer(s) | Pieter en Trudie Steyn |
Haar ouers is Pieter en Trudie Steyn, sy het 'n suster, Estie, en 'n broer, Stefan. Gerda het op 'n plaas in die omgewing van Bothaville grootgeword en in 2008 haar matriek aan die Hoërskool Bothaville behaal. Daarna het sy haar as 'n bourekenaar bekwaam aan die Universiteit van die Vrystaat. In 2014 het sy weens werk na Doebai verhuis, waar sy by 'n hardloopklub aangesluit het. Sy het haar puik talent vir hardloop hier ontdek.
Sy het ook die Twee Oseane-maraton in 2019 in 'n tyd van 3:31:28 gewen. Haar beste tyd oor die standaardmaraton is 2:27:48, wat sy tydens die New York-maraton in 2019 opgestel het.
Op 11 April 2021 verbeter sy die 25-jaar oue Suid-Afrikaanse rekord vir die standaardmaraton na 2:25:28 tydens 'n wedloop in Siena, Italië.[1]
Prestasies
wysigJaar | Wedren | Plek | Posisie | Tyd |
---|---|---|---|---|
2015 | Comrades | Durban | 56 ste | 8:19:08 |
2016 | Twee Oseane | Kaapstad | 14de | 4:15:44 |
2016 | Comrades | Pietermaritzburg | 14de | 7:08:23 |
2017 | Comrades | Durban | 4de | 6:45:45 |
2018 | Twee Oseane | Kaapstad | 1ste | 3:39:32 |
2018 | Comrades | Pietermaritzburg | 2de | 6:15:34 |
2018 | New York-maraton | New York | 13de | 2:31:04[2] |
2019 | Twee Oseane | Kaapstad | 1ste | 3:31:28 |
2019 | Comrades | Durban | 1ste | 5:58:53 |
2019 | New York-maraton | New York | 11de | 2:27:48[2] |
2020 | Londen-maraton | Londen | 7de | 2:26:51[3] |
2021 | Xiamen Tuscany Camp Elite Maraton | Siena, Italië | 9de | 2:25:28 [4] |
2021 | Olimpiese Somerspele | Sapporo | 15de | 2:32:10 |
2022 | Twee Oseane | Kaapstad | 1ste | 3:29:42[5] |
2023 | Comrades | Durban | 1ste | 5:44:54 |
Verwysings
wysig- ↑ https://www.timeslive.co.za/sport/2021-04-11-queen-gerda-steyn-breaks-25-year-old-sa-marathon-record/
- ↑ 2,0 2,1 "New York Road Runners Official Race Results". results.nyrr.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
- ↑ "Gerda Steyn flies SA flag at London Marathon". Sport (in Engels). Besoek op 5 Oktober 2020.
- ↑ Nuwe Suid-Afrikaanse rekord.
- ↑ "Sensational Gerda Steyn obliterates course record to claim third Two Oceans title". News24. Besoek op 17 April 2022.