Gereformeerde kerk Nylstroom
Die Gereformeerde kerk Nylstroom is die tweede gemeente van die GKSA op die dorp Modimolle in die provinsie Limpopo. Einde 2015 het die gemeente 317 belydende en 45 dooplidmate gehad, vergeleke met 287 en 78 in 2001, twee jaar ná sy stigting.
Gereformeerde Kerk Nylstroom | ||
Sluit in | Bosveldsig Donkerpoort Eersbewoond Kokanje Kranskop Modimolle | |
Klassis | Waterberg | |
Huidige predikant(e) | Henk Stavast | |
Belydende lidmate | 272 | |
Dooplidmate | 40 | |
Adres | H.v. Kerk- (Chief Albert Luthuli-) en Calvynstraat Modimolle | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1997 | |
Eerste predikant | Landman Vogel |
Die Gereformeerde kerk Nylstroom het in 1997 afgestig van die Gereformeerde kerk Waterberg, ook op Modimolle, en beslaan buiten gedeeltes van die dorp wat eers bekendgestaan het as Nylstroom, ook ’n gedeelte van die distrik. Die twee gemeentes deel Waterberg se kerkgebou op die hoek van Chief Albert Luthuli- en Calvynstraat.
Predikante
wysig- Vogel, Landman van der Merwe, 1997 – 2002
- Swanepoel, Christoffel Bernardus, 2002 – 2009
- Nagel, Cornelius Johannes, 2009 – 2014
- Botha, dr. Christiaan, 2015 – 2019
Bronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.