Gewone platanna
'n spesie van amfibieë
Die gewone platanna (Xenopus laevis) is 'n padda wat endemies is aan Afrika suid van die Sahara. In Engels staan dit bekend as die African clawed frog. Hierdie padda was gebruik om swangerskap van vroue te bevestig. Dit het tot gevolg gehad dat lewende paddas uitgevoer is na die res van die wêreld waar hulle indringerspesies geword het.
Gewone platanna | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | X. laevis
|
Binomiale naam | |
Xenopus laevis Daudin, 1802
|
Voorkoms
wysigDie padda is plat met die oë bo-op die voorkop en dit het 'n afgeplatte lyf. Die voorpote is kort en dun en die agterpote groot en sterk met swemvliese tussen die tone. Die padda is byna totaal waterlewend en kom slegs tydens reën land toe.
Hulle vreet waterinsekte, paddavissies en vissies.
Sien ook
wysigBron
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart, Struik Nature, 2012, ISBN 978 1 43170 248 0
Verwysings
wysig- ↑ Tinsley, R., Minter, L., Measey, J., Howell, K., Veloso, A., Núñez, H. & Romano, A. (2009). "Xenopus laevis". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 4 Mei 2014.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Eksterne skakels
wysig- Wikispecies het meer inligting verwant aan Gewone platanna
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gewone platanna.