Giessen
Giessen is 'n dorpie in die munisipaliteit Altena in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant, en is in die streek van die Land van Heusden en Altena geleë. Die nedersetting het 1 645 inwoners (2021).
Giessen | |
---|---|
Dorp | |
Binnekoms van Giessen | |
Koördinate: 51°47′00″N 5°1′00″O / 51.78333°N 5.01667°O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Noord-Brabant |
Munisipaliteit | Altena |
Bevolking | |
• Totaal | 1 645 |
1 Januarie 2021 |
Giessen dateer terug tot die Middeleeue en had in die 11de eeu reeds 'n kerkgebou gehad. Tot 1973 was die plek 'n selfstandige munisipaliteit gewees. Sedertdien het die dorpie deel uitgemaak van die munisipale gebied van Woudrichem. Sedert 2019 maak Giessen deel uit van die nuwe munisipaliteit Altena.
Giessen lê links van die Afgedamde Maas-rivier, 'n sytak van die Maas-rivier.
Die groot groentefirma Hak het in die 1920's in hierdie dorpie begin.
Bekende inwoners
wysig- Carola Schouten (1977), politikus
Bronne
wysig- Nederlandstalige Wikipedia
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Giessen. |