Gisela Ullyatt
Suid-Afrikaanse digteres
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Gisela Ullyatt (1977-2020) was 'n Afrikaanse digteres.[1]
Ulyatt (née Weingartz) word in Bloemfontein gebore, en behaal die grade MA (Duits) en MA (Engelse taalstudie) aan die Universiteit van die Vrystaat.[2] Sy behaal haar PhD (NWU) in 2013. Haar tesis handel oor die Amerikaanse digter, Mary Oliver, gesien vanuit ’n Boeddhistiese raamwerk.
Van haar gedigte is in Nuwe Stemme 5 opgeneem. Kort voor haar dood in 2020 verskyn haar bundel Die waarheid oor duiwe, wat deur Protea Boekhuis gepubliseer is.[3]
Sy was getroud met Tony Ulyatt, en was deel van die vertaalprojek In a Burning Sea, met Marlise Joubert as samesteller.
Verwysings
wysig- ↑ https://www.litnet.co.za/in-memoriam-gisela-ullyatt-nee-weingartz-1977-2020/ Opgespoor en besoek op 25/08/2020
- ↑ https://www.litnet.co.za/author/gisela-ullyatt/ Opgespoor en besoek op 25/08/2020
- ↑ https://joanhambidge.blogspot.com/2020/01/resensie-gisela-ulyatt-die-waarheid-oor.html Opgespoor en besoek op 25/08/2020