Glottiphyllum regium
Plantspesie
Die tongblaarvygie (Glottiphyllum regium) is 'n klein vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap by Calitzdorp voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 20 km². Daar is vyf subpopulasies bekend en die kwaliteit van die subpopulasies neem af weens volstruis boerdery. Die volstruise vertrap die plante. Die plant staan ook bekend as skilpadkos.
Tongblaarvygie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Glottiphyllum |
Spesie: | G. regium
|
Binomiale naam | |
Glottiphyllum regium N.E.Br., (1928)
| |
Sinonieme | |
|