Glynnis Breytenbach
Glynnis Breytenbach (gebore 9 Augustus 1960) is 'n voormalige aanklaer vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en 'n Parlementslid vir die Demokratiese Alliansie (DA).[1] Sy is ook die huidige Skaduminister van justisie en korrektiewe dienste asook 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie.[2] In hierdie hoedanigheid het sy 'n beroep gedoen op 'n einde aan voortdurende politieke inmenging wat die integriteit van die NVG in die gedrang gebring het.[3][4][5][6] Haar uitgerekte dispuut met die NVG oor haar skorsing in 2012 uit sy Gespesialiseerde Handelsmisdaadeenheid is breedvoerig in die media gedek. In 2017 het sy 'n memoire, Rule of Law,[7] gepubliseer en in 2018 was sy op die kortlys vir die pos as nasionale direkteur van openbare vervolging by die NVG, maar het later haar kandidatuur teruggetrek.[8]
Glynnis Breytenbach | |
Breytenbach in 2019 | |
Skaduminister van justisie en korrektiewe dienste
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 5 Junie 2014 | |
Voorafgegaan deur | Dene Smuts |
---|---|
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 21 Mei 2014 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 9 Augustus 1960 |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Vertrek van die NVG
wysigIn April 2012 het Nomgcobo Jiba, waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging, Breytenbach uit haar pos as streekhoof by die NVG se Gespesialiseerde Handelsmisdaadeenheid (SCCU) geskors op grond van 'n klag wat deur 'n maatskappy genaamd Imperial Crown Trading gelê is. Breytenbach het beweer dat sy geskors is omdat sy die vervolging van Richard Mdluli, voormalige hoof van die polisie se misdaadintelligensie-afdeling, op bedrog- en korrupsie-aanklagte nagestreef het.[9][10] Die aanklagte teen Mdluli is deur Lawrence Mrwebi, die hoof van die SCCU, laat vaar, 'n besluit wat later as onwettig bevind is.[11]
Dissiplinêre verrigtinge, wat op Breytenbach se versoek oop was vir die media, het Breytenbach in Mei 2013, 'n jaar nadat sy geskors is, van enige oortreding vrygespreek.[12] Intussen het sy haar skorsing onsuksesvol by die Staatsdiens Bedingingsraad en in die hof betwis.[13][14] Sy is ook vrygespreek van verskeie kriminele aanklagte wat verband hou met dokumente wat sy per ongeluk van haar werksrekenaar verwyder het.[15] Nadat sy egter onsuksesvol haar daaropvolgende verplasing uit die SCCU betwis het,[16]het sy in Januarie 2014 uit die NVG bedank,het kort daarna by die DA aangesluit, [9][17] joined the DA shortly afterwards,[18][19] en is as lid ingesweer van die Parlement daardie Mei.[1] In Februarie 2014 het sy 'n skikking met die NVG bereik oor alle uitstaande arbeidsgeskille.[20]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Ferreira, Emsie (21 Mei 2014). "Glynnis Breytenbach sworn in as MP". IOL. SAPA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2014. Besoek op 18 Julie 2014.
- ↑ "DA announces 'shadow cabinet'". Times LIVE. SAPA. 5 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2014. Besoek op 18 Julie 2014.
- ↑ "Interference by political bosses is the NPA's undoing". The Times. 29 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2014. Besoek op 20 Julie 2014.
- ↑ "DA calls for MPs to investigate NPA head". Mail & Guardian. SAPA. 11 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2014. Besoek op 18 Julie 2014.
- ↑ "Political interference blamed for NPA's woes". SABC News. 26 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2014. Besoek op 20 Julie 2014.
- ↑ Breytenbach, Glynnis (15 Julie 2014). "The NPA's reputation is in tatters (Speech by the DA's Shadow Minister of Justice, Glynnis Breytenbach MP during the budget vote debate on Justice, Parliament, 15 Julie 2014)". Politicsweb. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2014. Besoek op 18 Julie 2014.
- ↑ "Rule of Law by Glynnis Breytenbach". Pan Macmillan South Africa (in Engels). Besoek op 2 Desember 2021.
- ↑ Merten, Marianne (14 November 2018). "Glynnis Breytenbach: Decision to withdraw from 'dream job' made easier due to other competent candidates". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 2 Desember 2021.
- ↑ 9,0 9,1 Mabasa, Nkateko (29 Januarie 2019). "Mokgoro Inquiry: Breytenbach tells of days of darkness at NPA". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 2 Desember 2021.
- ↑ Wiener, Mandy (18 Januarie 2013). "#SAsMostComplicatedStoryYou ShouldCareAbout". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 2 Desember 2021.
- ↑ Bateman, Barry (29 Januarie 2019). "Breytenbach says there was strong case against Mdluli". EWN (in Engels). Besoek op 2 Desember 2021.
- ↑ Wiener, Mandy (27 Mei 2013). "After NPA's epic loss, Glynnis Breytenbach must return to ALL her cases". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 2 Desember 2021.
- ↑ "Breytenbach's NPA suspension challenge dismissed". The Mail & Guardian (in Engels). 18 Julie 2012. Besoek op 2 Desember 2021.
- ↑ Hosken, Graeme (29 Mei 2013). "NPA still fights to get Glynnis fired". Sunday Times (in Engels). Besoek op 2 Desember 2021.
- ↑ "I deleted files to protect my privacy: Glynnis Breytenbach tells court". IOL (in Engels). 9 Oktober 2017. Besoek op 2 Desember 2021.
- ↑ "Court throws out Breytenbach's bid to get her old NPA job back". The Mail & Guardian (in Engels). 19 Julie 2013. Besoek op 2 Desember 2021.
- ↑ "Breytenbach trades NPA for DA parliamentary spot". The Mail & Guardian (in Engels). 26 Januarie 2014. Besoek op 2 Desember 2021.
- ↑ "Breytenbach resigns from NPA and joins DA". EWN (in Engels). 26 Januarie 2014. Besoek op 2 Desember 2021.
- ↑ "Glynnis Breytenbach accused of fraud, corruption". The Mail & Guardian (in Engels). 2 Februarie 2014. Besoek op 2 Desember 2021.
- ↑ "Breytenbach, NPA reach 'amicable settlement' on labour issues". The Mail & Guardian (in Engels). 6 Februarie 2014. Besoek op 2 Desember 2021.
Eksterne skakels
wysig- (en) Adv Glynnis Breytenbach. People's Assembly.