Grafiese notasie
Grafiese notasie is die verteenwoordiging van musiek deur die gebruik van visuele simbole buite die gebied van die tradisionele musieknotasie. Grafiese notasie het in die 1950's ontwikkel en dit word gewoonlik saam met tradisionele musieknotasie gebruik.[1] Komponiste gebruik grafiese notasie dikwels in eksperimentele musiek, waar standaardnotasie ondoeltreffend kan wees.
Geskiedenis
wysig’n Algemene aspek van grafiese notasie is die gebruik van simbole om inligting aan die voordragkunstenaar oor te dra oor die manier waarop die stuk musiek voorgedra moet word. Hierdie simbole het in die werke van avant-garde-komponiste soos Roman Haubenstock-Ramati, Mauricio Kagel, György Ligeti (Artikulation), Krzysztof Penderecki, Karlheinz Stockhausen en Iannis Xenakis begin voorkom, sowel as in die werke van eksperimentele komponiste soos Earle Brown, John Cage, Morton Feldman en Christian Wolff gedurende die 1950's en 1960's.
Nadat Cornelius Cardew as Stockhausen se assistent gewerk het, het hy aan ’n groot grafiese partituur begin werk, wat hy Treatise genoem het. Die stuk bestaan uit 193 bladsye uiters abstakte simbole. Die partituur self is byna ’n kunswerk in eie reg.
In 2008 het Theresa Sauer ’n versameling grafiese partiture deur komponiste vanuit meer as vyftig lande saamgestel,[2] wat toon hoe algemeen dit geword het.
Voorbeelde van grafiese notasie
wysig- Grafiese partiture, waar die musiek deur simbole en illustrasies verteenwoordig word:
Hierdie notasie kan, soos musiek op tradisionele notebalke, ’n tyd-toonhoogte grafiese stelsel wees. In die voorbeeld hierbo, word tyd nog steeds verteenwoordig deur van links na regs te lees.
- Lynbalke wat relatiewe toonhoogte toon, met die werklike toonhoogtes wat tydens die uitvoering bepaal word.
- Gewysigde notasie soos in George Crumb se werk[3] gesien kan word waar hy tradisionele notasie gebruik, maar die musiek op ’n grafiese of nietradisionele manier, soos in spirale of sirkels, op die bladsy uiteensit.[4]
Verwysings
wysig- ↑ Pryer, Anthony. "graphic notation."
- ↑ Sauer, Theresa.
- ↑ http://www.upenn.edu/almanac/v46/n06/CrumbSpiral.gif
- ↑ http://lens.lib.uchicago.edu/?hreciid=%7Clibrary/marc/uc%7C2060598[dooie skakel]
Verdere leeswerk
wysig- Cage, John en Alison Knowles (1969). Notations. New York: Something Else Press.
- Lieberman, David 2006. Game Enhanced Music Manuscript. In GRAPHITE '06: Verrigtinge tydens die 4e Internasionale konferensie oor rekenaargrafika en interaktiewe tegnieke in Australasië en Suidoos-Asië, ACM Press, Melbourne, Australië, 245 – 250.
- Sauer, Theresa (2009). Notations 21. New York: Mark Batty Publisher. ISBN 978-0-9795546-4-3
- David Schidlowsky (red.) (2011) Musikalische Grafik—Graphic Music: León Schidlowsky. Berlyn: Wissenschaftlicher Verlag. ISBN 978-3-86573-620-8.
Eksterne skakels
wysig- Prente van musiek by die Northwestern-universiteit Geargiveer 11 Februarie 2013 op Wayback Machine
- Bergstroem-Nielsen, Carl: Eksperimentele improvisasie en notasieoefening 1945–1999; Eksperimentele improvisasie en natasieoefening, addenda 2000- Geargiveer 5 Junie 2008 op Wayback Machine. Aanlyn bibliografieë.
- Intydse vertolking van Rainer Wehinger se visualisering van György Ligeti se elektroniese werk Artikulation
- ’n Aanlyn versameling van grafiese partiture wat deur die New York Miniaturist Ensemble versamel is Geargiveer 6 Oktober 2008 op Wayback Machine
- Notations21, ’n keurversameling van innoverende musieknotasie Geargiveer 17 Maart 2009 op Wayback Machine
- Raine-Reusch se blad met meer as 20 grafiese partiture
- HighC: ’n grafiese partituurgebaseerde komposisiestelsel geïnspireer deur Iannis Xenakis se UPIC-stelsel.
- IanniX : ’n Grafiese intydse oopbron sorteerder vir digitale kuns
- Cuaderno de Yokohama by Llorenç Barber Die volledige reeks van 17 grafiese partiture wat Barber in 2005 in Jokohama (Japan) geskep het. Ràdio Web MACBA: Barcelona, 2009.