Graham Swift
Graham Colin Swift (gebore 4 Mei 1949) is 'n Engelse skrywer van romans, kortverhale en gedigte. Hy het die Booker-prys in 1996 gewen vir sy roman Last Orders. Hierdie toekenning was ietwat kontroversieel, nie net omdat Swift se uitstekende roman Waterland soveel eerder aanspraak op hierdie toekenning kon maak nie, maar ook omdat Swift onnodig daarvan beskuldig is dat hy elemente van sy roman se handeling by William Faulkner se As I Lay Dying afgeloer het. Waterland word algemeen beskou as een van die beste romans van na die Tweede Wêreldoorlog. Stephen Gyllenhaal het in 1992 'n rolprentverwerking daarvan vrygestel met Jeremy Irons in die hoofrol.
Graham Swift | |
---|---|
Gebore | Graham Colin Swift 4 Mei 1949 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Alma mater | Universiteit van Cambridge Universiteit van York |
Beroep | Romanskrywer |
Bekend vir | Waterland (1983) Last Orders (1996) |