Grand-Baie
Grand-Baie is 'n kusdorp en gewilde toeristestrand in die verre-noorde van Mauritius geleë, in die Rivière du Rempart-distrik, maar die westelike deel lê in die Pamplemousses-distrik. Die dorp word deur die "Grand-Baie Village Council" geadministreer onder die beskerming van die Rivière du Rempart Distriksraad. [2] Volgens die sensus deur Statistiek Mauritius in 2011, was die bevolking 11 910. [1] Die dorp is geleë aan die westekant van die noordelike punt van Mauritius en was die plek van die Britse inval van die "Isle de France" in November 1810.
Grand-Baie | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 20°1′6″S 57°34′49″O / 20.01833°S 57.58028°O | |
Land | Mauritius |
Distriksraad | Rivière du Rempart |
Hoogte | 8,22 m (26,97 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 11 910 |
• Digtheid | 793,5/km2 (2 055/vk. myl) |
Tydsone | UTC+4 (MUT) |
Skakelkodes | 230 |
Grand-Baie is inderdaad die mees bekende dorp in Mauritius. Dit het sy gewildheid te danke aan die uitstekende gehalte van sy smarag-gekleurde waters en sy dag- en naglewe. Dit bied geleentheid vir veilige swem, bootvaart, wind- en branderplankry en waterski. Dit is ook die beginpunt vir uitstappies per helikopter, asook diepseehengel na die eilande ten noorde van Mauritius: Gunners' Quoin, Flat Island, Round Island en Snake Island.
Grand Baie en sy omgewing bied 'n wye verskeidenheid van moderne - en kunstige - winkels, hotelle en restaurante. Grand Baie is ook bekend vir sy naglewe; dit het van die beste kroeë en nagklubs op die eiland, insluitend "Banana Café", "Zanzibar" en "Les Enfants TERRIBLES".
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Table G1 - Resident population by geographical location" (PDF). Statistics Mauritius. 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 3 Maart 2016. Besoek op 19 Desember 2012.
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp) - ↑ Ministry of Local Government and Outer Islands. "Local Government Act 2011" (PDF). Government of Mauritius. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 14 November 2012. Besoek op 19 Desember 2012.
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp)
Wikimedia Commons bevat media in verband met Grand-Baie. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |