Grasspinnekopbos

Spesie van die spinnekopbosse

Die grasspinnekopbos (Serruria deluvialis) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom net in die Kogelberg voor. Die struik word tot 30 cm lank en blom van September tot November.

Grasspinnekopbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Serruria
Spesie:
S. deluvialis
Binomiale naam
Serruria deluvialis
Rourke, (1990)

Die plant groei op hoogtes van 100 - 300 m.

In Engels staan dit as die Grass Spiderhead bekend.

Bronnelys

wysig