Groot-Visrivier-natuurreservaat
natuurreservaat in Oos-Kaap, Suid-Afrika
Die Groot-Visrivier-natuurreservaat is geleë in die Oos-Kaap en is 45 000 hektaar groot. Die Groot-Visrivier en die Keiskammarivier vloei in die reservaat. Die grootste gedeelte van die reservaat bestaan uit diep riviervalleie. Die laagste punt is 95 m bo seevlak en die hoogste punt is 561 m bo seevlak.
Groot-Visrivier-natuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Naaste dorp | Grahamstad |
Koördinate: 32°57′46″S 26°50′32″O / 32.96278°S 26.84222°O | |
Oppervlak | 45 000 ha |
Openingsjaar | 1994 |
Bestuursliggaam | Oos-Kaapse Parkeraad |
Vislewe
wysigDaar is 24 visspesies wat opgeteken is in die reservaat en in die area. Twee ingevoerde spesies is die skerptandbaber (Clarias gariepinus) en die grootbekbaars (Micropterus salmoides).
Bron
wysig- Stuart, Chris & Mathilde (2012). National Parks and Nature Reserves. Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.