Grootgeelbos
Die Grootgeelbos (Leucadendron eucalyptifolium) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en die Oos-Kaap, waar dit voorkom in die Potberg, Riversdalvlakte, Langeberg, Outeniekwaberge, Tsitsikammaberge, Kougaberge, Elandsberg, Swartberg, Waboomsberg, Warmwaterberg, Touwsberg, Rooiberg en Soetwaterberg. Die struik word 4 m hoog en dra blomme van Julie tot Oktober.
Grootgeelbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. eucalyptifolium
|
Binomiale naam | |
Leucadendron eucalyptifolium H.Buek ex Meisn., 1856
| |
Sinonieme | |
|
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en word vrygelaat na 'n brand waar dit dan deur die wind versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Die aktiwiteite van klein kewers verseker dat die plante bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sandsteen sand op hoogtes van 160 - 1400 m.
In Engels staan dit as die Gum-leaved Conebush bekend. Die boom se FSA-nommer is 81[1].
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Grootgeelbos.