Grootrivierpas (Tuinroete)

Die Grootrivierpas is 'n bergpas wat deur die Grootrivier se ravyn loop. Dit is by Nature's Valley in die Wes-Kaap, Suid-Afrika geleë. Dit het 'n maksimum hoogte van 200m bo seevlak en sy grootste helling is 1:10.

Westelike deel van die pas, met die Grootrivier-lagoon in die voorgrond.
Herkonstruksie van die oostelike seksie in 2010.

Geskiedenis

wysig

Die pas is gebou deur Thomas Bain; hy het die pas saam met die Bloukranspas en Stormsrivierpas gebou as een projek. Hy het in 1879 begin aan die projek. Die pas het 'n 220m val gevolg deur 'n 220m klim.[1]

N2 Nasionale pad

wysig

Op daardie stadium het die N2 deur die Grootrivierpas gegaan. Eenhonderd jaar na die voltooiing van die pas is die Grootrivierbrug voltooi wat die N2 herlei het. Die pad deur die Grootrivierpas staan tans bekend as die R 102 hoofpad.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. Passes & Poorts. Getaway. Marion Whitehead. ISBN 978-1-77009-805-3

33°57′S 23°34′O / 33.950°S 23.567°O / -33.950; 23.567