Grootvalsmopanie
Die Grootvalsmopanie (Guibourtia coleosperma) is 'n boom wat langs die noordgrens van Botswana tot in Namibië voorkom. Dit is inheems aan Namibië, Botswana, Zimbabwe, Zambië, Angola en die DRK.
Grootvalsmopanie | |
---|---|
Hout | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | G. coleosperma
|
Binomiale naam | |
Guibourtia coleosperma |
Dit is 'n half-immergroen middelgroot boom wat 30 m hoog kan groet. Die stam kan tot op 15 m onvertak en 65 – 125 cm in deursnee wees.
Die hout word vir boumateriaal, vloere, meubels en tradisioneel vir bote gebruik. Die sade en hul skille bevat olie wat kookgebruik het. Die sade kan geëet word indien daar min ander kos is en van die skille word 'n drankie gemaak. Die rooi kleurstof van die skil word vir kleuring van meubels gebruik.[1]
Sien ook
wysigBronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings
wysig- ↑ Timbers 2, Lemmens, R.H.M.J., Louppe, D. & Oteng-Amoako, A.A., PROTA, ISBN 9290814950, ISBN 9789290814955, bls 370