Grumman G-21 Goose
Die Grumman G-21 Goose is 'n amfibiese vliegtuig wat deur Grumman ontwerp is om as 'n agt-sitplek pendelvliegtuig vir sakemanne in die Long Island area te dien. Die Goose was Grumman se eerste enkelvlerkvliegtuig om te vlieg, sy eerste tweeling-enjin vliegtuig, en sy eerste vliegtuig om in kommersiële lugrederydiens te tree.
Grumman G-21 Goose | |
---|---|
Tipe | Amfibiese vragvliegtuig |
Vervaardiger | Grumman Northrop Grumman |
Nooiensvlug | 1937 |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Vloot United States Army Air Forces Royal Air Force Royal Canadian Air Force |
Aantal gebou | 345 |
Eenheidskoste | VS$62,180.00 vir JRF-6B (1942) |
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Goose 'n doeltreffende vervoermiddel vir die Amerikaanse Gewapende Magte (insluitend die Amerikaanse Kuswag) geword, sowel as by vele ander lugmagte. Tydens die oorlog het die Goose in 'n toenemende aantal gevegs- en opleidingsrolle betrokke geraak. Die aanpasbare vliegtuig se diens het in na-oorlogse gebruik voortgeduur.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |