Gydo-tolbos
plant spesie
Die Gydo-tolbos (Leucadendron gydoense) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Koue Bokkeveld en Hexrivierberge voor.
Gydo-tolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. gydoense
|
Binomiale naam | |
Leucadendron gydoense I.Williams, 1967
|
Die struik word 2.0 m hoog en blom in Oktober. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na 'n brand en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme.
In Engels staan dit as die Gydo conebush bekend.