HMS Illustrious
Die HMS Illustrious was 'n vliegdekskip van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Luftwaffe se Fliegerkorps X het hom gedurende Januarie 1941 met drie 1 000 pond bomme getref, maar hy het die aanval oorleef weens die pantser op die dek en sy goeie ontwerp.
HMS Illustrious in 1942 | |
Naam | HMS Illustrious |
---|---|
Klas en tipe | Illustrious-klas vliegdekskip |
Besteldatum | 13 April 1937 |
Bouers | Vickers-Armstrongs Limited, Verenigde Koninkryk |
Gebruik deur | Britse Vloot |
Datum neergelê | 27 April 1937 |
Tewaterlating | 5 April 1939 |
In diens gestel | 25 Mei 1940 |
Onttrek | Februarie 1955 |
Lot | Verkoop vir skroot, November 1956 |
Verplasing | 23 000 lang ton (standaard) |
Lengte | 256 m (totaal) 216,4 m (waterlyn) |
Wydte | 29,2 m |
Diepgang | 8,8 m |
Spoed | 30 kn (56 km/h) |
Bemanning | 1 299 |
Tegniese besonderhede
wysigDie skip het 23 000 ton water verplaas en was toegerus met sestien 4,5 duim-kanonne en vyftig vegvliegtuie. Hy was aangedryf deur drie turbines wat 111 000 perdekrag gelewer het met 'n topspoed van 30 knope.
Bron
wysig- The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3