HMS Upholder
Vaartuig klas | U-class submarine |
---|---|
Konflik | Tweede Wêreldoorlog |
Geografiese ligging | 34°47′0″N 15°55′0″E |
Land van oorsprong | Verenigde Koninkryk |
Belangrike gebeurtenis | ship commissioning, ship launching, keel laying, shipwrecking |
Operateur | Britse Vloot |
Vervaardiger | Vickers-Armstrongs |
Ligging van vervaardiging | Barrow-in-Furness |
Vlagstaat | Verenigde Koninkryk |
Teken nommer | P37 |
Die HMS Upholder was 'n duikboot van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy het in die Middellandse See diens gedoen en het binne die bestek van agtien maande skepe met 'n totale tonnemaat van 93 031 ton gekelder en verder 31 894 ton beskadig.[1] Dit sluit twee Italiaanse duikbote en torpedojaers in.
Hy en sy susterduikbote het die Duits-Italiaanse voorsieningslyne tussen Italië en Noord-Afrika erg beskadig. Hy is self in 1942 gekelder, vermoedelik deur 'n dieptebom van 'n Italiaanse vaartuig.
Tegniese besonderhede
wysigHy het 540 ton water op die oppervlakte verplaas en was toegerus met een 3-duim kanon en vier 21-duim torpedobuise. 'n Diesel-elektriese aandrywingstelsel van 615/825 perdekrag kon snelhede van 11,75 knope bo en 9 knope onder die water verseker.
Bronne
wysig- The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3