Hanley, Staffordshire
Hanley in Staffordshire, Engeland, is een van ses nedersettings wat in 1910 saamgesmelt het om die nuwe stad Stoke-on-Trent te vorm. Hanley was die enigste dorp wat voor die samesmelting die status van county borough gehad het. Sy status is aan die vergrote borough oorgedra. Hanley is in 1857 as munisipale borough geïnkorporeer en het ná die inwerkingstelling van die Wet oor Plaaslike Regerings (Local Government Act) in 1888 'n county borough geword.
Hanley | |
---|---|
Voorstad | |
Die middestad van Hanley. | |
Koördinate: 53°01′29″N 2°10′22″W / 53.02472°N 2.17278°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land (VK) | Engeland |
County | Staffordshire |
Streek | Wes-Midlands |
Distrik | Stoke-on-Trent |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | ST1 |
Skakelkodes | 01782 |
Hanley dien tans as die nuwe stad se hoofbesigheidsdistrik met winkels, kroeë, musea, teaters en ander geriewe. Een van die hooftrekpleisters is die Potteries-winkelsentrum.