Hans-die-Skipper
Hans-die-Skipper is 'n Afrikaanse rolprent wat op 31 Desember 1952 vrygestel is. Dit is gegrond op die roman van D.F. Malherbe wat deur die regisseur Bladon Peake tot 'n draaiboek en rolprent verwerk is.
Hans-die-Skipper | |
---|---|
Regisseur | Bladon Peake |
Draaiboek | D.F. Malherbe Johan Bouwer Herbert Kretzmer Bladon Peake (draaiboek) |
Met | André Huguenet Albie van der Bijl Wena Naudé |
Kinematografie | David Millin |
Redigeerder | Gerald Ehrlich |
Uitgereik | 31 Desember 1952 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n drama.
Hoofrolspelers
wysig- André Huguenet as Hans-die-Skipper
- Albie van der Bijl as Meester
- Wena Naudé as Trynie
- Gert van den Bergh as Johan
- Leonie Ross as Nelie
- Willie Herbst as Koos
- Elsa Fouché as Siena
- Johan Eloff as Hendrik
- Francis Coertze
Storielyn
wysigHans die skipper speel hom af op 'n klein vissersdorp waar Hans, ou seerot wie se hele lewe om die see draai, saam met sy vrou en seun, Johan, woon. Hans wil hê sy seun moet ook 'n visser word, maar Johan wil nie op die dorp bly nie. Sy seun sprei sy vlerke en pa en seun raak mettertyd van mekaar vervreem. Na jare van swerf, hoor die seun dat sy pa op sterwe lê en haas hom terug om by die sterfbed weer versoen te raak.