Wena Naudé
Agnes Alwena (Wena) Naudé (* 31 Desember 1905, dist. Wakkerstroom – †6 September 1978, Pretoria) was ’n Afrikaanse aktrise. Sy was een van die pioniers van die Afrikaanse toneelkuns.
Wena Naudé | |
Wena Naudé (links) en Mathilda Hanekom in 1929.
| |
Geboortenaam | Agnes Alwena Naudé |
---|---|
Geboorte | 31 Desember 1905 Wakkerstroom |
Sterfte | 6 September 1978 Pretoria |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Toekennings | Erepenning vir Toneelkuns |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Naudé het op Volksrust en Lydenburg skoolgegaan waarna sy in ’n fietswinkel in Pretoria werksaam was. In haar vrye tyd het sy spraaklesse by Stephanie Faure geneem en in 1924 die finale eksamen afgelê. Daarna het sy verdere toneelopleiding van Paul de Groot ontvang by wie se toneelgeselskap sy aangesluit het. In Julie 1925 het hulle ’n toneelreis met ‘Huistoe’ (Heimat van Sudermann) en in Januarie 1926 met ‘Oorskotjie’ (Nicodemi) onderneem.
Sy was onder meer lid van die geselskappe van Hendrik Hanekom en André Huguenet wat van dorp tot dorp gereis het met hulle toneelstukke. In 1954 het sy die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.
Wena was getroud met Willem van Zyl. Hulle het ’n dogter, Nilo, gehad. In 1940 is hulle geskei en in 1943 het sy met Johan Pretorius Pienaar, ’n broer van Sangiro, getrou. In 1947 is sy van Johan ook geskei. Sy het 3 kleinkinders nl. Alwena van der Westhuizen, Riana Jeffery en Wilna van Gass. Haar dogter, Nilo Mostert, het tot en met haar dood (11 Maart 2016) so nou en dan een-man stukke opgevoer by klein funksies. Wena het ook 5 agterkleinkinders, naamlik Sonja, (oorlede), Carl en Riani van der Westhuizen asook Lindie en Stephnie van Gass.
Toneelstukke
wysigVan die toneelstukke waarin sy gespeel het, is:
- Huistoe
- Oorskotjie
- Die Heks
- As Mans Huishou
- Die Uur van Vergelding
- By die Ou Meulstroom
- Die Brug op Ons Plaas
- Die Wit Perde van Rosmersholm
- Die Lewe Wat Ek Jou Gegee Het
- Waar Vergiffenis Kon Red
- Op Hoop van Seën
Rolprente
wysigSedert 1947 het sy in meer as dertig Suid-Afrikaanse rolprente gespeel. Van hulle is:
Rolprent | Jaar | Regisseur |
---|---|---|
Sarie Marais | 1947 | Joseph Albrecht |
Hans-die-Skipper | 1953 | Bladon Peake |
Inspan | 1953 | Bladon Peake |
Paul Krüger | 1956 | Werner Grünbauer |
Basie | 1961 | Gordon Vorster |
As Ons Twee Eers Getroud Is | 1962 | |
Die Tweede Slaapkamer | 1962 | Gordon Vorster |
Die Skelm van die Limpopo | 1962 | Gerrie Snyman |
Kavaliers | 1966 | |
Hoor My Lied | 1967 | Elmo de Witt |
Oupa for Sale | 1968 | Richard Daneel |
Dr. Kalie | 1968 | Ivan Hall |
Salomien | 1972 | Daan Retief |
Cry Me a Teardrop | 1974 | Keith van der Wat |
Tant Ralie se Losieshuis | 1974 | Dirk de Villiers |
Die troudag van tant Ralie | 1975 | Dirk de Villiers |
Boland! | 1974 | Bertrand Retief |
Die Sersant en die Tiger Moth | 1974 | Koos Roets |
Boland | 1974 | Bertrand Retief |
Jakkalsdraai se Mense | 1975 | |
Soekie | 1975 | Daan Retief |
Dingetjie Is Dynamite | 1975 | |
Troudag van Tant Ralie | 1975 | Ivan Hall |
Ma Skryf Matriek | 1975 | Franz Marx |
Daar Kom Tant Alie | 1976 |
Literatuur
wysigBotha, Danie. Voetligte en Applous! Die beginjare van die Afrikaanse Beroepstoneel. Pretoria: Protea Boekhuis, 2006. ISBN 1-86919-090-4.