Basie
Basie is 'n swart en wit Afrikaanse rolprent wat op 28 Augustus 1961 uitgereik is. Gordon Vorster het die draaiboek geskryf en die regie behartig.
Basie | |
---|---|
Regisseur | Gordon Vorster |
Draaiboek | Gordon Vorster |
Met | Ian Strauss Vicki Vosloo Pieter Bezuidenhout |
Redigeerder | Peter Grossett |
Ateljee | SA Rolprent Produksies |
Uitgereik | 28 Augustus 1961 |
Speeltyd | 91 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is ’n drama. Dit het geen ouderdomsperk nie.
Hoofrolspelers
wysigStorielyn
wysig'n Pasgetroude paartjie se wittebrood begin op die verkeerde voet. Hulle is skaars onder die trougaste se oë uit en sit reeds met mekaar vas. Maar, wanneer die bruidegom vir sigarette stop, begin dinge regtig gespanne raak. In die bruidegom se afwesigheid steel 'n jong dief (Basie) die kar en jaag met bruid en al weg. Binnekort is nie net die bruidegom op sy spoor nie, maar ook Basie se vennote wat hulle deel van die buit soek.
Basie en sy gevangene vlug met alle vervoermiddels tot hul beskikking, insluitende 'n munisipale bus, sportmotor en 'n bromfiets. Selfs meer vreesaanjaend is hulle roete, deur die riole van Johannesburg na Hillbrow, waar Basie uiteindelik in hegtenis geneem word.
Ongeërg bel die paartjie toe hulle bekommerde families om te sê dat hulle effens opgehou is, maar nou op pad is na hulle gelukkige wittebrood.