Tant Ralie se losieshuis
Tant Ralie se Losieshuis is ’n Afrikaanse rolprent wat in 1974 deur Kavalier Films uitgereik is. Dirk de Villiers was die regisseur.
Tant Ralie se Losieshuis | |
---|---|
Regisseur | Dirk de Villiers |
Produksieleier | Ben Vlok |
Draaiboek | C.F. Beyers-Boshoff |
Met | Wena Naudé, Sann de Lange, Siegfried Mynhardt e.a. |
Ateljee | Kavalier Films |
Verspreider | Ster-Kinekor |
Uitgereik | 1974 |
Speeltyd | 92 min. |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is ’n komedie.
Akteurs
wysigVan die akteurs is Wena Naudé, Sann de Lange, Siegfried Mynhardt, Pieter-Dirk Uys, Limpie Basson, George Ballot, Riana Pienaar
Storielyn
wysigTwee susters, Mathilda en Rachel, koop ’n huis in Tamboerskloof, Kaapstad. Hulle ontdek dat ’n mooi jong kunstenaar, Boeboe, reeds in een van die kamers bly. Mathilda wil hê sy moet gaan, maar Rachel praat haar om dat Boeboe kan bly. Toe ry Mathilde oor ’n ou visserman, JC, en uit skuldgevoel laat sy hom ook in die huis bly tot hy beter is. Dan trek ’n mediese student, Philip Sonnekus, in om CJ te help herstel. Eindelik kry die susters ’n groot skok: hulle moet ’n agterstallige paaiement betaal of hulle gaan uit die huis gesit word.