Harry Escombe
Harry Escombe (1838 – 1899) was 'n Eerste Minister van Natal. Hy is in 1883 in Londen gebore en ontvang onderrig aan St. Paul's School. Hy arriveer in 1860 in Durban waar hy 'n suksesvolle prokureur word. In 1872 word hy lid van die Wetgewende Raad. Hy veg in die Anglo-Zoeloeoorlog en die Tweede Vryheidsoorlog en word in 1893 Prokureur-generaal en in 1897 Eerste Minister van Natal.
Harry Escombe | |
Standbeeld van Harry Escombe buite Durban se stadsaal | |
2de Eerste Minister van die Natalkolonie
| |
Ampstermyn 15 Februarie 1897 – 4 Oktober 1897 | |
Monarg | Victoria |
---|---|
Voorafgegaan deur | John Robinson |
Opgevolg deur | Henry Binns |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Notting Hill, Londen, Engeland | 25 Julie 1838
Sterf | 27 Desember 1899 (op 61) |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Oorloë/Veldslae | Anglo-Zoeloeoorlog Tweede Vryheidsoorlog |
As 'n man van groot versiendheid was hy verantwoordelik vir die opbou van die plaaslike militêre magte en stig ook die Natal Naval Volunteers. Hy word lid van die Geheime Raad en ontvang 'n eredoktoraat (L.L.D) van Cambridge. Hy is oorlede op 27 Desember 1899.
Die voorstad Escombe van Durban is na hom genoem.
Bron
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Harry Escombe.