Haworthia parksiana
plantspesie
Haworthia parksiana is 'n meerjarige sukkulent wat tot die genus Haworthia behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Groot-Brakrivier tot by Mosselbaai voor.
Haworthia parksiana | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. parksiana
|
Binomiale naam | |
Haworthia parksiana Poelln., (1937)
|
Die plant het 'n voorkomsgebied van 35 km². Dit het 80% van sy habitat verloor weens stedelike ontwikkeling, padkonstruksie en indringerplante. Onwettige plantversamelaars dra ook by tot die plant se afname.