Heinrich Bettkober

Heinrich Bettkober (11 Mei 1746, Berlyn19 September 1809, Berlyn; volle naam: Christian Friedrich Heinrich Sigismund Bettkober) was 'n Duitse beeldhouer.

Heinrich Bettkober
Gebore
Christian Friedrich Heinrich Sigismund Bettkober

11 Mei 1746
Berlyn, Pruise
Sterf19 September 1809
Berlun, Pruise
BeroepBeeldhouer

Bettkober het sy artistieke opleiding in 1764 begin onder die Fransman Sigisbert Michel, wat onlangs as hoof van die Berlynse hofbeeldhouer se werkswinkel aangestel is. Van 1771 tot 1774 studeer hy onder die destydse internasionaal bekende skilder, graveur, tekenaar en etser, Georg Friedrich Schmidt.

Vanaf 1786 werk hy by die Pruisiese Kunsakademie in Berlyn, aanvanklik as dosent en vanaf 1791 as akademiese lid.

Sy werke sluit in 'n graftombe in die Berlynse Nicolaikirche (1774) en 'n reliëfbeeld van die Pruisiese Koningin Louisa (1798). Hy het ook deelgeneem aan die artistieke ontwerp van die Brandenburgse Poort onder leiding van Johann Gottfried Schadow.

Van 1789 tot 1794 was Friedrich Tieck, die broer van die skrywer Ludwig Tieck, een van Bettkober se studente.

Werke

wysig
  • Bronsgipsbeeld van koning Frederik Willem I van Pruise, as skenking deur die gemalin van Frederik die Grote, koningin Elisabeth Christine, opgerig in Berlyn se Monbijou-kasteel in 1796.
    'n Replika gemaak van bronsgips is op 18 September 2004 opgerig as 'n aanvanklik tydelike kunsprojek in Berlin-Mitte op die hoek van Linienstrasse en Weydingerstrasse, maar was nog steeds daar in die somer van 2009.[1][2]
  • Sandsteenstandbeeld van veldmaarskalk Kurt Christoph Graf von Schwerin vir sy landgoed Schwerinsburg, vandag in die Deutschen Historischen Museum (Duitse Historiese Museum) in Berlyn.
  • Sandsteengraf van Maria Magdalena Rosina von Quitzow (1726–1802), vanaf 1804 in die begraafplaas van die Stift zum Heiligengrabe-klooster.

Galery

wysig

Bronnelys

wysig
  • Robert Dohme: Bettkober, Christian Friedrich Heinrich Sigismund. In: Allgemeine Deutsche Biographie (ADB). Band 2, Duncker & Humblot, Leipzig 1875, S. 582 f.
  • Die Hohenzollern-Standbilder in Preußen. Verlag der Königlichen Geheimen Ober-Hofbuchdruckerei, Berlin 1868.
  • Das von dem akademischen Bildhauer Bettkober aus Berlin wegen der ihm gestatteten Vorzeigung seiner bei sich führenden Figuren täglich ad piosusus aufs Rathaus zu entrichtende Quantum und den von dem hiesigen Amte daran gemachten Anspruch betreffend., 1786- Stadtarchiv Dresden, 2.1.3-C.XVII.54

Verwysings

wysig
  1. "Berlin: König aus Gips". tagesspiegel.de. Besoek op 4 Junie 2024.
  2. "Stummer Landesvater ganz aus Gips". helmutcaspar.de. Besoek op 4 Junie 2024.