Heinz Heger
Josef Kohout (24 Januarie 1915 – 15 Maart 1994) was die Oostenrykse oorlewende van ’n Nazi-konsentrasiekamp wat daarheen gestuur is omdat hy homoseksueel was. Hy is die bekendste vir sy boek van 1972, Die Männer mit dem rosa Winkel (in Engels vertaal as The Men with the Pink Triangle). Dit is deur ’n kennis, Hans Neumann, geskryf onder die skuilnaam Heinz Heger, wat dikwels valslik aan Kohout toegeskryf word.[1]
Heinz Heger | |
---|---|
Gebore | Josef Kohout 1917 |
Sterf | Maart 1994 Wene, Oostenryk |
Nasionaliteit | Oostenryk |
Bekend vir | Die Männer mit dem Rosa Winkel |
Ouer(s) | Amalia en Josef senior |
Die boek is een van die min eerstehandse weergawes van die behandeling van gay mans in Nazi-gevangenskap. Dit is in verskeie tale vertaal en ’n tweede uitgawe is in 1994 gepubliseer.[2][3] Dit was die eerste getuienis van ’n gay oorlewende van die konsentrasiekampe wat in Engels vertaal is,[4] en word as die bekendste beskou.[3] Die publikasie daarvan het gehelp om die soeklig te laat val nie net op die lyding van homoseksuele mans onder die Nazi-bewind nie, maar ook op die gebrek aan erkenning en vergoeding ná die oorlog.
Kohout se boek was die inspirasie vir die 1979-toneelstuk Bent deur Martin Sherman.[5] ’n Rolprent is in 1997 daarvan gemaak met Sean Mathias as regisseur.
Nalatenskap
wysigKohout is in Wene dood en van sy besittings is deur sy lewensmaat aan die United States Holocaust Memorial Museum geskenk. Dit sluit Kohout se dagboeke van die kamp in, asook briewe van sy ouers af wat hom nooit bereik het terwyl hy gevange gehou is nie en die stuk materiaal met die pienk driehoek en sy gevangenenommer wat hy gedwing is om te dra. Dit was die eerste pienk driehoek wat aan ’n geïdentifiseerde individu behoort het wat deur ’n museum aangeskaf is.[2]
Verwysings
wysig- ↑ Grau, Günter (2011). Lexikon zur Homosexuellenverfolgung 1933−1945. Institutionen. Kompetenzen. Betätigungsfelder. Lit Verlag Dr. W. Hopf. p. 128. ISBN 978-3-8258-9785-7.
- ↑ 2,0 2,1 Dunlap, David (26 Junie 1995). "Personalizing Nazis' Homosexual Victims". New York Times.
- ↑ 3,0 3,1 Tamagne, Florence (2006). A history of homosexuality in Europe. Algora. p. 382. ISBN 0-87586-355-8. Besoek op 22 Junie 2009.
- ↑ de Cecco, John P.; De Cecco, John P (29 Junie 2000). A Sea of Stories: the Shaping Power of Narrative in Gay and Lesbian Cultures. Haworth Press. p. 28. ISBN 1-56023-955-7.
- ↑ Morris, Marla (2001). Curriculum and the Holocaust. Laurence Erlbaum Associates. p. 145. ISBN 0-8058-3812-0.
Eksterne skakels
wysig- "Nazi Persecution of Homosexuals". United States Holocaust Memorial Museum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2009. Besoek op 28 Maart 2017.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Heinz Heger.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia