Helpmekaar-kollege

hydraulischer Witter
Die artikel handel oor die skool in Johannesburg, vir die dorp, sien Helpmekaar, KwaZulu-Natal.

Helpmekaar Kollege is 'n Afrikaanse privaat hoërskool in die voorstad Braamfontein in Johannesburg. Sowat 1350 leerders gaan tans hier skool.[1] Dit was die eerste Afrikaanse privaat hoërskool in Suid-Afrika.

Helpmekaar Kollege
Leuse Komaan
Gestig 1921
Tipe Privaat
Hoof Mnr. Klaus König
Personeel 100
Leerlinge 1350
Grade 8-12
Adres Empire Rd & Melle St, Johannesburg, 2001
Stad Johannesburg
Provinsie Gauteng
Land Suid-Afrika
Kleure               
Koshuis(e) William Nicol
Skoolkoerant Helpie-Flitse
Webblad Tuisblad

Helpmekaar het drie "Huise": Empire (genoem na Empireweg), Melle (genoem na Mellestraat) en Smuts (genoem na Jan Smutsweg) - die drie strate wat die skool omring. Helpmekaar was die eerste Afrikaanse hoërskool in Johannesburg.

Geskiedenis

wysig
 
Piet Dreyer by die Helpmekaar Kollege in 1963. Piet was in standerd sewe en 14 jaar oud.

Helpmekaar het begin as Hoërskool Helpmekaar in 1921. Die skool is vier jaar lank in nie-permanente geboue gehuisves, totdat die huidige skoolgebou in September 1925 voltooi en in gebruik geneem is.

In 1941 het die meisieskool, Hoër Meisieskool Helpmekaar, vanaf die Hoër Seunskool Helpmekaar geskei.

In 1993 privatiseer die skool en smelt die seuns en meisies weer saam, om Helpmekaar-kollege te vorm - die eerste Afrikaanse privaat hoërskool in die land. In 2014 was die jaarlikse skoolgeld R57 200, betaalbaar in 11 maandelikse paaiemente van R5 200.

Kampus

wysig

Helpmekaar is geleë in Parktown, Johannesburg op die hoek van Mellestraat en Empireweg. Die skoolterrase is bestaande uit die ou gebou (meer bekend as die "Towers"), die nuwe geboue asook die terrasse. Buiten dit het die skool ook 'n rugbyveld, drie tennisbane, twee sale, 'n swembad en 'n koshuis.

Kurrikulum

wysig

Helpmekaar volg die IEB kurrikulum[2] en lewer tans ook ander akademiese geleenthede waaronder die SAT (Standardised Aptitude Tests) - 'n Amerikaanse kollegetoelatingseksamen. Vakke wat aangebied word sluit in:

  • Afrikaans Eerste Taal
  • Engels Eerste Taal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Gevorderde Afrikaans
  • Gevorderde Engels
  • Wiskunde
  • Wiskundige geletterdheid
  • Gevorderde Wiskunde
  • Lewensoriëntering
  • Lewenswetenskap
  • Aardrykskunde
  • Geskiedenis
  • Rekeningkunde
  • Besigheidstudies
  • Ekonomie
  • Inligtingstegnologie
  • Toerisme
  • Spaans
  • Duits
  • Frans
  • Musiek
  • Visuele kunste
  • Drama
  • Ingenieursgrafika en -ontwerp
  • Tegniese tekeninge

Beroemde Helpies

wysig

Lees ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. "Helpmekaar Webwerf".
  2. "IEB Geregistreerde skole" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2018. Besoek op 16 Januarie 2012.

26°11′21″S 28°2′6″O / 26.18917°S 28.03500°O / -26.18917; 28.03500