Hen-met-kuikens
Die Hen-met-kuikens (Chlorophytum comosum) is 'n meerjarige plant en grondbedekker wat vinnig groei en ook vinnig versprei. Die plant het sagte lintvormige groen blare met wit in die middel. Die blare skiet oral wortel waar hulle aan die grond raak en vorm nuwe plantjies. Die plant verkies skadu of halfskadu toestande en matige water is nodig.
-
'n Hen-met-kuikens.
-
Die "kuikens" hang vanaf die moederplant ("hen").
Hen-met-kuikens | |
---|---|
Chlorophytum comosum 'Variegatum' | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. comosum
|
Binomiale naam | |
Chlorophytum comosum |
Bronne
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Chlorophytum comosum. |
- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
- Plants of the World Online