Herold Georg Wilhelm Johannes Schweickerdt
Herold Georg Wilhelm Johannes Schweickerdt (28 Februarie 1903, Schmie, Baden-Württemberg – 21 February 1977, Pretoria) was 'n Duitse botanikus. Hy trek in 1904 saam met sy ouers na Pretoria waar hy later by Tukkies studeer het. Vanaf 1922 tot 1924 studeer hy aan die Universiteit van Bonn en werk as Senior Lektor vanaf 1944 tot 1951 by Pretoria. Vanaf 1952 tot 1963 werk hy as professor.
Herold Georg Wilhelm Johannes Schweickerdt | |
Geboortenaam | Herold Georg Wilhelm Johannes Schweickerdt |
---|---|
Gebore | 28 Februarie 1903 Duitsland |
Oorlede | 21 Februarie 1977 (op 73) Pretoria |
Burgerskap | Duits |
Vakgebied | Botanie |
Instelling(s) | Universiteit |
Hy het ongeveer 2500 spesies versamel in die ou Transvaal, KwaZulu-Natal, Namibië, Mosambiek en Zimbabwe. Hy het belangestel in die grasfamilie Gramineae. In 1962 het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die Havengaprys vir Biologie aan hom toegeken.
Die standaard outeursafkorting Schweick. word gebruik om H.G.W.J. Schweickerdt as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.
Sien ook
wysigBron
wysig- Botanical exploration of southern Africa, EDITION 2, SANBI, 2010, H.F. Glen en G. Germishuizen