Hispaniola
Hispaniola (Spaans: La Española, die Spaanse; Taíno: Kiskeya / Quisqueya; Haïtiaanse Kreools: Ispayola) is ná Kuba die tweede grootste eiland van die Groot Antille tussen die Atlantiese Oseaan in die noorde en die Karibiese See in die suide en bestaan tans uit twee lande: Haïti in die weste en die Dominikaanse Republiek in die ooste. Die eiland lê in die suide van die Turks- en Caicos-eilande, in die suidooste van die Bahamas, in die ooste van Kuba, in die noordooste van Jamaika en in die weste van Puerto Rico. Hispaniola is op 5 Desember 1492 deur Christophorus Columbus vir Spanje ontdek en in besit geneem. Die eiland het 'n bevolking van 18 943 000 in 2005 gehad en het 'n oppervlakte van 76 480 km². Hispaniola is veral bekend as eerste Europese kolonie in Amerikas en die oudste Europese nedersettings, wat nou Santo Domingo is.
Hispaniola Inheemse naam: La Española, Kiskeya / Quisqueya, Ispayola | |
---|---|
Kaart van Hispaniola met Haïti en die Dominikaanse Republiek | |
Geografie
| |
Ligging | Karibiese See |
Koördinate | 19°09′N 70°40′W / 19.150°N 70.667°W |
Argipel | Groot Antille
|
Oppervlakte | 76 480 vk km |
Hoogste punt | Pico Duarte 3 175 m |
Administrasie | |
Haïti
| |
Hoofstad | Port-au-Prince |
Grootste stad | Port-au-Prince (1 275 000)
|
Dominikaanse Republiek | |
Hoofstad | Santo Domingo |
Grootste stad | Santo Domingo (2 987 013)
|
Demografie | |
Bevolking | 18 943 000
|
Die wêreld se 22ste grootste eiland en die tweede grootste eiland van die Groot Antille |
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hispaniola.