Hoërskool Ermelo
Die Hoërskool Ermelo is 'n openbare hoërskool in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is 'n Afrikaans Engels-dubbelmediumskool vir seuns en meisies. Die naam Hoërskool Ermelo word dikwels afgekort na EHS en daar word informeel na die leerders verwys as Erries.
Hoërskool Ermelo | |
Leuse | Non Viribus Sed Virtute
"Nie deur krag nie, maar deur deug" |
---|---|
Gestig | 11 April 1914 |
Tipe | Staatskool |
Hoof | Mnr. Pieter Grobler |
Grade | 8-12 |
Adres | Joubertstraat 1, Ermelo 2351, Suid-Afrika |
Dorp | Ermelo |
Provinsie | Mpumalanga |
Land | Suid-Afrika |
Kleure | |
Koshuis(e) | Huis Veltman, Adriani en Nelstehuis |
Jaarboek | EHS Jaarblad |
Skoolkoerant | Errie-Pos |
Webblad | www.erries.co.za |
Geskiedenis
wysigAanvanklik kom die Hoërskool Ermelo op 11 April 1914 tot stand en word in die "Uitkomst-Meisjes Tehuis" gehuisves, maar in 1917 verhuis die skool na die ou munisipale geboue van Ermelo. Op 19 April 1921 word die nuwe skool amptelik in gebruik geneem op die plek waar die skool vandag staan.
Skoolwapen en leuse
wysigMnr. Kotze, die eerste hoof van die skool (1914) het die Arend as wapen van die Hoërskool Ermelo aanvaar. Die twee koppe wat na weerskante kyk, simboliseer wakkerheid. Die kroon, bal en staf is simbole van koninklike mag.
Leuse
"Non Viribus Sed Virtute."
Vrylik vertaal vanuit Latyns: "Nie deur krag nie, maar deur deug."
Skoolkleure
wysigDie eerste skoolhoof van die Uitkomsteskool, Mej. AE Adriani, het in 1917 die breë bottelgroen en smal wit kleure voorgestel. Dit was ook die kleure van die Meisie-staatskool in Pretoria, waar sy voor haar koms na Ermelo werksaam was. Die twee kleure kom ook voor op die Vierkleurvlag van die ou Z.A.R.
Simboliek:
- Wit: reinheid en opregtheid
- Groen: moed en hoop
Visie, missie en erekode
wysigVisie
wysigDie EHS is 'n gemeenskap van leerders (i.e. leerlinge, personeel, hoof, ouers) met uitnemendheid as die ideaal. Die strewe is om te waag; om dinge anders en nuut te doen en om 'n verskil te maak vir alle rolspelers. Voorts strewe die EHS daarna om die behoudende Christelike opvoedingsmilieu te handhaaf. 'n Uitnodigende onderwysgemeenskap skep legio geleenthede vir individualiteit sodat elkeen dít kan bereik waarin hy glo.
Missie
wysigOns sal ons visie bereik deur die uitleef en versterking van Christelik-gefundeerde kernwaardes soos:
- Respek vir mekaar as mens uit te leef
- Individualiteit van elke mens te erken en uit te leef
- Etiese gedrag en dissipline te alle tye te handhaaf
- Geleenthede te soek en te benut om mekaar opreg erkenning te gee en daardeur mekaar te versterk en op te bou
- Uitbou van die EHS as 'n gemeenskap van leerders vir ons leerlinge, hoof, ons personeel en ouers
- Uitbou en versterking van samewerkende en kollegiale werksverhoudinge in die opvoedkundige driehoek bestaande uit leerling, leerkrag en ouer
- Deur voortdurend nuut te dink en nuwe horisonne te betree
- Daarna te streef om kwaliteit geleenthede daar te stel sodat leerlinge, personeel en ouers hom/haar wil assosieer met die EHS om sodoende betrokkenheid, toewyding, groei en ontwikkeling te stimuleer
- Effektiewe en gereelde kommunikasie met leerlinge, personeel en ouers
- Met Jesus Christus as fokus, alles binne ons vermoë te doen om ons kinders te laat groei en ontwikkel tot volwassenheid
Erekode
wysigLaat ons soos goeie Suid-Afrikaners te alle tye streef om:
- 1. Eerlik te wees in ons optrede teenoor ons ouers, onderwysers en medeskoliere.
- 2. Getrou te wees aan ons land, ons volk, ons kerk en ons taal.
- 3. Diens te lewer aan ons medemens en aan ander te doen soos ons graag aan onsself gedoen wil hê.
- 4. Rein in gedagtes, woord en daad te wees en die mooie en goeie in die lewe raak te sien.
- 5. Ons geleenthede te benut en die hoogste sport in die lewe te bereik.
- 6. Geloof in ons lewenstaak te hê, nie tou op te gee nie, maar te veg tot die bittereinde.
- 7. Ons eie goeie naam, die goeie naam van ons skool en van ons volk soos goud te bewaar.
- 8. Altyddeur blymoedig te wees, die goeie te behou en in alles denkbaar te wees.
Die EHS streef ook daarna om daagliks die volgende waardes uit te leef:
- Eerlikheid
- Lojaliteit
- Toewyding
- Omgee
- Nederigheid
Liedere en krete
wysigSkoollied
wysigOu Ermelo Hoërskool
wysigSkoolkreet
wysig
|
Tradisies
wysigGroentjieskonsert
Aan die begin van elke jaar neem die onderskeie koshuise asook die dorpshuis teen mekaar deel tydens die Groentjieskonsert. Die nuwe Graad 8 leerlinge voer hul konserte uit na weke se voorbereiding onder leiding van die matrieks van elke huis. Die res van die leerlinge van elke huis neem ook teen mekaar deel in die vorm van 'n koshuisdans en dirigenteoptog.
Groen Mannetjies
Tydens elke eerstespan-rugbywedstryd staan die eerstejaarseuns in 'n ry geklee in hul groen skoolbaadjies agter die doodlyn van die opponente. Dit word gedoen ter aanmoediging van Ermelo.
Fasiliteite
wysigDie terrein van Hoërskool Ermelo bestaan uit 'n reeks van fasiliteite:
Sport
wysig- Muurbalsentrum
- Gimnasium (Errie-Biokinetikasentrum)
- Swembad
- Atletiekbaan met stadion
- Rugbyvelde (3)
- Hokkievelde (3)
- Krieketvelde (2)
- Tennisbane (5)
- Netbalbane (6)
Kultuur
wysig- 600-sitplek-teater
- Musieksentrum (onderrig in 'n verskeidenheid instrumente insluitende klavier, saksofoon, hobo, orrel, blokfluit, dwarsfluit, trompet, en kitaar word aangebied)
- Adele Grey Dansskool (onderrig in 'n verskeidenheid danssoorte insluitende hip-hop, ballet en moderne dans word aangebied)
- Model Manifest Modelskool
Koshuise
wysigDrie koshuise op die terrein bied huisvesting vir leerders van ver:
- Huis Veltman (Seunskoshuis)
- Nelstehuis (Meisieskoshuis)
- Adriani (gemengde dag koshuis)
Algemeen
wysig- Kafeteria vir leerders
- Koffiewinkel
- Haarsalon
Noemenswaardige alumni
wysig- John-Laffnie de Jager Suid-Afrikaanse tennisspeler
- Henno Mentz Sharks/Lions- en Springbokrugbyspeler
- Dirk Ziervogel, taalkundige
- Jacques du Plessis, Vodacom Blou Bul-rugbyspeler (Superrugby/Curriebeker), O/21 Springbok-rugbyspeler, Jeug olimpiese rekordhouer in diskus.
- Lynne de Jager, mev. Suid-Afrika 2012
- Johan van der Wath, Suid-Afrikaanse krieketspeler
- Lafras Uys, Griekwas Rugbyspeler
- Ernst Dinkelman, Noord-Transvaal- en Springbok-rugbyspeler, later afrigter en keurder.
- Juba Grobler, Springbokskut.
- Hein Dinkelman, Oos-Transvaal-rugbyspeler.
- Peter Celliers, Springbok-kunsvlieënier. (Sterf in vliegongeluk)
- Charles Celliers, SA-skole-rugbykaptein (Sterf saam met sy pa in vliegongeluk)
- Corrie du Plooy, Suidoos-Transvaal/Pumas-rugbyspeler.
- Johannes Esterhuyzen, Oos-Transvaal-rugbyspeler.
- Hennie Oosthuizen, Pumas-rugbyspeler
- Lydia Pienaar, kenner van kinder- en jeuglektuur en vertaler
- Ela Spence, skrywer
- Susan Kruger, skrywer en ministersvrou
- Engela Langenhoven, skrywer onder die pennaam C. de Bruyn