Hoogekraalpas
Vierde bergpas op die Sewepassepad in Suid-Afrika
Die Hoogekraalpas is op 'n nou grondpad tussen George en Knysna deur die voetheuwels van die Outeniekwaberge.
Hoogekraalpas | |
Ligging | Tussen George en Knysna |
---|---|
Hoogte | 113 m en 225 m |
Lengte | 3 km |
Voltooi in | 1882 |
In | Outeniekwaberge |
Die pas lê wes van Karatara by die koördinate 33° 55′ suid en 22° 46′ oos. Alhoewel dit slegs 3 km lank is, is die hoogteverskil in die pas tussen die 113 m en 225 m bo seespieël. Onder in die pas gaan die pad oor die Hoogekraalrivier wat sy water bring na die Ruigtevlei en Swartvlei.
Afgesien van melkplase is hier ook verskeie denneplantasies. Swaargelaaide vragmotors vervoer boomstamme van die saagmeul na die markte.
Die pas dateer uit 1882.