Horsham
Horsham (uitspraak /ˈhɔːrʃəm/) is 'n markdorp in die Suidoos-Engelse graafskap Wes-Sussex. Die stad is 50 km suidsuidwes van Londen, 30 km noordwes van Brighton en 42 km noordoos van Chichester.
Horsham | |
---|---|
Stad | |
Die orkesverhoog, middedorp van Horsham. | |
Koördinate: 51°3′43.2″N 0°19′30″W / 51.062000°N 0.32500°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Engeland |
Graafskap | Wes-Sussex |
Distrik | Horsham |
Administratiewe parogie | Horsham |
Oppervlak | |
• Totaal | 11,8 km2 (4,6 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 50,934 |
• Digtheid | 4,322/km2 (11,19/vk. myl) |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskodedistrik | RH12 |
Skakelkodes | 01403 |
Webwerf | horsham.gov.uk |
Horsham het rondom die Carfax ('n oop voetgangersplein) ontwikkel. Suid van die Carfax is die Causeway. Hierdie straat bestaan uit huise wat in die 17de, 18de en vroeë 19de eeu opgerig is.
In die verlede was Horsham 'n markdorp wat handel dryf in beeste, skape en mielies. Teen die 19de eeu was brouery, baksteenmakery, ystersmelting en drukwerk die dominante nywerhede.
Deesdae is die belangrike nywerhede finansiële dienste, farmaseutiese produkte en tegnologie. Horsham is 'n pendeldorp wat Londen, Lughawe Londen-Gatwick en die Suidooskus bedien.