Hotagterklip
Hotagterklip is 'n vissersgehug in die Overberg. Dit lê aan die R319 tussen Bredasdorp en L'Agulhas en val binne die plaaslike munisipaliteit van Kaap Agulhas. Die oorspronklike vissershuisies is van kutuurhistoriese en argitektoniese belang. Dit is gebou van klip en wit gekalk. Meesal het hulle bestaan uit twee kamers, ‘n groot opvallende skoorsteen, ‘n bo- en ‘n onderdeur en ‘n rietdak. Weens die Groepsgebiedewet het die oorspronklike bewoners die huisies verlaat. Sedertdien is ‘n aantal herstel en word as vakansiehuise gebruik. Die moderne hoofpad na Struisbaai sny dwarsdeur die dorpie.
Hotagterklip | |
---|---|
Koördinate: 34°47′S 20°2′O / 34.783°S 20.033°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Overberg |
Plaaslike Munisipaliteit | Kaap Agulhas |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Etimologie
wysigHot- en haaragter is trekosposisies: hotagter is links agter en haaragter is regs agter.[1] Tydens die Groot Trek sou daar probeer word om 'n klip wat in die pad was links verby te steek.[2]
Verwysings
wysig- ↑ "Uitdrukking: hot en haar". 6 Desember 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2017. Besoek op 11 Julie 2020.
- ↑ "Hotagterklip, Struisbaai'S Historical Village" (in Engels). 27 Junie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2017. Besoek op 11 Julie 2020.