Kerriebos
(Aangestuur vanaf Hypericum revolutum)
Die kerriebos (Hypericum revolutum) is 'n bosserige struik of klein boompie. Die boompie is immergroen en is dikwels 'n pioneerspesie in woudkolle. Die boom groei verkieslik aan stroomoewers en woudrande op hoë hoogtes. Die boompie word 1 tot 3 m hoog. Die bas is rooibruin met hoekige takkies. Die blare is enkelvoudig, ellipties en blougroen. Hulle is by takpunte saamgebondel. Die blomme is heldergeel en pieringvormig met breë kroonblare. Die baie meeldrade is in die middel van die blom.
Kerriebos | |
---|---|
'n Kerriebos in Ethiopië. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. revolutum
|
Binomiale naam | |
Hypericum revolutum |
Sien ook
wysigBron
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kerriebos.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Kerriebos