Hyundai Alpha-enjin
Die Hyundai Alpha-motorenjin was die eerste wat in Suid-Korea ontwerp en vervaardig is. Dit was 'n moderne EBNA 3-klep inlynviersilinder en beskikbaar in turbo en natuurlikgeaspireerde weergawes. Die eerste Alpha-enjin is in 1993 bekendgestel in die Hyundai Scoupe en was beskikbaar tot 2002.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Hyundai Motormaatskappy |
Konfigurasie | inlynviersilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | G4EH: 1.3 L G4EK/G4FK: 1.5 L G4ED: 1.6 L |
Drukverhouding | G4EK: 10.0:1 G4EK Turbo: 7.50:1 G4ED: 10.0:1 |
Blok | Gietyster |
Kopstuk | Aluminium |
Stelsels | |
Klepwerking | EBNA 12-klep (G4EH/G4EK) DBNA 16-klep (G4FK/G4ED) |
Brandstoftipe | Loodvrye petrol |
Brandstofstelsel | G4ED: MPFI |
Smeerstelsel | Druktoevoer |
Verkoelingstelsel | Water |
Enjinlewering | |
Kraglewering | G4EH Vergasser: 53 kW G4EH EBNA: 62 kW G4EK: 69 kW G4FK: 75 kW G4ED: 82 kW |
Wringkrag | G4EH Vergasser: 110 N·m G4EH EBNA: 117 N·m G4EK: 132 N·m G4FK: 133 N·m G4ED: 144 N·m |
Alpha-enjins is geproduseer in 1.3 L (1341 cc) en 1.5 L (1495 cc) weergawes, met 'n 1.6 L (1599 cc) Alpha II wat van 2005 tot 2011 geproduseer is, waarna dit deur die Hyundai Gamma-enjin vervang is.
Aanwendings
wysig- 2004-2007 Kia Cerato
- 2006-2010 Hyundai Accent
- 2006-2009 Hyundai Getz
- 2006-2011 Kia Rio
- 2001-2006 Hyundai Elantra
Sien ook
wysigVerwysings
wysig