Hyundai Accent
Die Hyundai Accent (Koreaans: 현대 엑센트), of Hyundai Verna (현대 베르나) in Suid-Korea, is 'n klein gesinsmotor wat deur Hyundai vervaardig was. In Australië was die eerste geslag modelle Hyundai Excel genoem, 'n naam wat deur die Accent se uitvoervoorganger gebruik is. Die Accent is in 2000 vervang deur die Hyundai Verna in Suid-Korea, hoewel dit die naam "Accent" behou het in die meeste internasionale markte.
Oorsig | |
---|---|
Ook genoem | Hyundai Accent Verna (Venezuela) Hyundai Excel Hyundai Pony (Frankryk) Bimantara Cakra (Indonesië) Kia Qianlima (Sjina)[1][2][3] Dodge Brisa (Venezuela) |
Produksie | 1994–2000 (Suid-Korea) 1995–2006 (Egipte) |
Montering | Ulsan, Suid-Korea Kaïro, Egipte[4] Izmit, Turkye (Hyundai Assan)[5] Gaborone, Botswana (The Motor Company of Botswana)[6] Barcelona, Venezuela (MMC Automoriz) Bekasi, Indonesië |
Bakstyl | 4-deur sedan 3- of 5-deur luikrug 2-deur koepee |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.3 L I4 (petrol) 1.5 L I4 (petrol) 1.6 L I4 (petrol) |
Ratkas | 5-gang handrat 4-gang outomaties |
Lengte | 4100 mm |
Breedte | 1620 mm |
Hoogte | 1395 mm |
Massa | 953–975 kg |
Asafstand | 2400 mm |
Die Accent word vir die Sjinese mark vervaardig deur Beijing Hyundai Co, 'n gesamentlike onderneming met Beijing Automotive Industry Corporation vir die Russiese mark in Taganrog. In Meksiko word die Accent deur Chrysler bemark as die Dodge Attitude, en voorheen as die Verna deur Dodge. Tot in 2006 is dit in Venezuela deur Chrysler bemark as die Dodge Brisa. Die Brisa was gemonteer deur Mitsubishi Motors by sy aanleg in Barcelona, Venezuela. Sedert 2002 is dit die langste vervaardigde (dus oudste model) klein gesinsmotor wat nog verkoop word in Noord-Amerika.
Die Hyundai Accent is in 2008 as die betroubaarste subkompakte motor aangewys deur JD Power and Associates.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hyundai Accent.
Verwysings
wysig- ↑ "2005 Kia Qianlima 06 – Gallery–China automotive news" (in Engels). Autonews.gasgoo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2019. Besoek op 25 Julie 2010.
- ↑ "KIA Qianlima – 836570 – Product Catalog – Aikar Car Renting Co., Ltd. Jinjiang, Fujian - - DIYTrade.com Free Website" (in Japannees). Icar.diytrade.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 25 Julie 2010.
- ↑ "Dongfeng Yueda Kia. Dongfeng Yueda Kia In China" (in Engels). Car-cat.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2019. Besoek op 25 Julie 2010.
- ↑ "Hyundai. Hyundai In Egypt" (in Engels). Car-cat.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2019. Besoek op 25 Julie 2010.
- ↑ "Hyundai. Hyundai In Turkey" (in Engels). Car-cat.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2019. Besoek op 2 Augustus 2010.
- ↑ "Hyundai plant revving up to make new inroads in South Africa". Btimes.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2019. Besoek op 16 November 2010.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |