Hyundai Motormaatskappy
Die Hyundai Motormaatskappy is 'n multinasionale motorvervaardiger met sy hoofkwartier in Seoel, Suid-Korea. Die maatskappy is in 1967 gestig en vorm saam met sy filiaal van 32.8%, Kia Motors, die Hyundai Motorgroep, wat die wêreld se vyfde grootste motorvervaardiger is gebaseer op jaarlikse voertuigverkope in 2012.[1][2] Sedert 2008 word Hyundai Motors (sonder Kia) beskou as die wêreld se agtste grootste motorvervaardiger. [3] Hyundai het in die 2012-jaar meer as 4,4 miljoen voertuie wêreldwyd verkoop,[4] hulle totale verkope saam met Kia was 7,12 miljoen.[5]
Hyundai Motormaatskappy | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 29 Desember 1967 |
Hoofkantoor | Seoel, Suid-Korea |
Sleutelpersone | Chung Mong-koo (Voorsitter en hoof uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | Motors, kommersiële voertuie, enjins |
Dienste | onderdele, onderhoudsdiens, finansiering, versekering |
Inkomste | $86 miljard (2013) |
Bedryfsinkomste | $8,2 miljard (2013) |
Netto inkomste | $8,4 miljard (2013) |
Werknemers | 63 099 (2013) |
Moedermaatskappy | Hyundai Motorgroep |
Divisies | Kia |
Webwerf | worldwide.hyundai.com |
Hyundai is tans die vierde grootste motorvervaardiger ter wêreld. Hyundai bedryf die wêreld se grootste geïntegreerde motorvervaardigingsfasiliteit[6] in Ulsan, Suid-Korea, wat 'n jaarlikse produksiekapasiteit van 1,6 miljoen eenhede het. Die maatskappy het ongeveer 75 000 werknemers wêreldwyd in diens. Hyundaivoertuie word in 193 lande deur meer as 6 000 handelaars en vertoonlokale bemark.
Bekende Hyundaimodelle in Suid-Afrika is/was:
Verwysings
wysig- ↑ "Hyundai, Kia see slower sales growth in 2012". Reuters (in Engels). 2 Januarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015.
- ↑ "UPDATE 3-S.Korea's Hyundai, Kia expect slowest sales growth in 10 yrs". Reuters (in Engels). 2 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015.
- ↑ "World Ranking of Manufacturers 2008 by production" (PDF). OICA.
- ↑ "Hyundai Motor Reports 2012 Global Sales Of 4.4 Million Vehicles". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2013. Besoek op 2 April 2015.
- ↑ "Highlights of 2013 New Year's Speech". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2013. Besoek op 2 April 2015.
- ↑ Taylor III, Alex (5 Januarie 2010). "Hyundai smokes the competition". CNN.