Iki-Boeroel-rajon
Iki-Boeroel-rajon (Russies: Ики-Бурульский район, Kalmikies: Ик Буурла район) is 'n administratiewe rajon van Kalmikië, Rusland. Dit lê in die suidelike deel van die republiek en grens aan Stawropol-krai, 'n ander federale deelgebied van Rusland. Die rajon se setel is die gelyknamige dorp Iki-Boeroel.
Iki-Boeroel-rajon Ики-Бурульский район | ||||
Die ligging van Iki-Boeroel-rajon in Kalmikië | ||||
Politieke status | ||||
Land | Rusland | |||
Federale distrik | Suidelike | |||
Deelgebied | Kalmikië | |||
Tipe | Rajon | |||
Stigting | 1965 | |||
Regering | ||||
Setel | Iki-Boeroel | |||
Hoof | Wjatsjeslaf Badmajef | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2021 | |||
Totaal | 9 596 | |||
Volgorde | 9de | |||
Digtheid | 1,51/km² | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 6 363 km² | |||
Volgorde | 5de | |||
Tydsone | UTC+03:00 (MSK, Moskouse tyd) | |||
Registrasienommer | 08 | |||
Wapen en vlag | ||||
|
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Iki-Boeroel-rajon 11 424 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.[1]
Etniese groep | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kalmikiërs | 7 855 | 68,8% |
Dargine | 1 727 | 15,1% |
Russe | 1 075 | 9,4% |
Aware | 138 | 1,2% |
Tsjetsjniërs | 92 | 0,8% |
Georgiërs | 59 | 0,5% |
Koemikke | 58 | 0,5% |
Ander groepe | 390 | 3,4% |
Onbekend | 30 | 0,3% |
Totaal | 11 424 | 100% |
Verwysings
wysig- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 10 Augustus 2023.