Rooibok
Die rooibok (Aepyceros melampus) is 'n wildsbok wat in Afrika aangetref word. In Engels staan die bok bekend as die Impala.
Rooibok | |
---|---|
Rooibokooi met haar lam in die Krugerwildtuin, Suid-Afrika | |
Rooibokram in die Serengeti in Tanzanië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Aepycerotinae Gray, 1872
|
Genus: | Aepyceros Sundevall, 1847
|
Spesie: | A. melampus
|
Binomiale naam | |
Aepyceros melampus (Lichtenstein, 1812)
| |
Subspesies | |
| |
Verspreidingsgebied
Rooibok (Aepyceros melampus) Swartneusrooibok (Aepyceros melampus petersi) |
Die bok se wetenskaplike naam, Aepyceros melampus, is 'n samestelling van die Griekse aipos+ceros+melas+pous, oftewel "hoog"+"horing"+"swart"+"poot".
'n Volwasse rooibok weeg ongeveer 50 kg en het 'n gemiddelde hoogte van 90 cm. Soos die naam aandui, is die bok rooibruin van kleur met ligkleurige flanke, terwyl die pens onderlangs wit is. 'n Donker, kenmerkende M-vorm word op die agterstewe aangetref.[2] Die ram het liervormige horings wat tot 90 cm lank kan word.
Die rooibok is een van die volopste kleinboksoorte. 'n Rooibok kan met een sprong 10 m ver en 3 m hoog spring. Rooibokke kom in troppe voor, gewoonlik 'n ram met verskeie ooie. Indien 'n groot trop saam wei, word sogenaamde brandwagte uitgeplaas terwyl die ander bokke voortgaan om te wei of water te drink. Daar is gewoonlik twee of drie uitgegroeide ramme (let op hul horinglengtes) wat wagstaan aan die randjie van die trop. Indien die brandwag onraad vermoed, maak hy alarm deur 'n harde snorkgeluid te uiter en die res van die trop laat spaander na beskermde bos toe terwyl hulle reuse spronge deur die lug maak om die roofdier te verwar.[3]
Rooibokke word algemeen in Suider-Afrika aangetref en is sowel gras- as blaarvreters. Hulle val verskeie roofdiere ten prooi, soos leeus, luiperds, jagluiperds, wildehonde, gevlekte hiëna's en krokodille.
Paring vind gewoonlik van April tot Mei plaas. Die ooi gee na 6 maande, gewoonlik in November of Desember, aan 'n enkele lammetjie geboorte. Die dragtige ooi kan tot 'n mate self beheer uitoefen oor wanneer die lammetjie gebore word, omdat sy noukeurig daarop let dat die grasveld in topkondisie is vir voedsel aan die nuweling. Sy kan die geboorte van die kleintjie vir tot 'n maand terughou indien klimaatstoestande ongunstig is. Die jong bokkie drink vir vier tot ses maande melk aan die ooi. Rooibokke het 'n aangetekende moontlike lewensduur van 12 jaar.
Die swartneusrooibok
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Swartneusrooibok.
Die swartneusrooibok is 'n baie skaars variant van die rooibok wat heeltemal swart is. Botlierskop Private Game Reserve in Suid-Afrika het meer as 150 swartneusrooibok. Die swartneusrooibok kan in groot troppe van omtrent 100 diere voorkom as hulle aanteel, maar gewoonlik word hulle net in troppe van 20 diere gevind.
Fotogalery
wysig-
Rooibokke wei in die Maasai Mara, Kenia
-
'n Trop rooibokke in die Hluhluwe-iMfolozipark, Suid-Afrika
-
Vegtende rooibokramme in die Mikumi Nasionale Park, Tanzanië
-
'n Rooibekrenostervoël op 'n rooibokooi in die Nasionale Chobewildtuin, Botswana.
-
'n Springende rooibokooi
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) IUCN SSC Antelope Specialist Group (2016). "Aepyceros melampus". IUCN Red List of Threatened Species. IUCN. 2016: e.T550A50180828. doi:10.2305/IUCN.UK.2016-2.RLTS.T550A50180828.en. Besoek op 4 Januarie 2017.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ Huffman, Brent. "Impala" (in Engels). Ultimate Ungulate. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2019. Besoek op 14 Oktober 2012.
- ↑ (en) Impala Facts Geargiveer 3 Maart 2013 op Wayback Machine
Bronne
wysig- (en) IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008). Aepyceros melampus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 18 Januarie 2009. Databasis-inskrywing bied ’n kort regverdiging hoekom hierdie spesie nie bedreigd is nie.
- (af) Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rooibok.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir rooibok.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Rooibok