Independence Day (Ford-roman)
Independence Day is 'n roman van die Amerikaanse skrywer Richard Ford wat die eerste keer in 1995 gepubliseer is. Dit is die tweede roman in 'n tetralogie wat voorafgegaan is met die roman The Sportswriter, en opgevolg is met die roman The Lay of the Land en die versameling novelles Let Me Be Frank with You. Independence Day het in 1996 beide die Pulitzerprys vir Fiksie en die PEN/Faulkner Award for Fiction gewen, en sodoende die eerste roman geword wat beide pryse in dieselfde jaar wen.
Independence Day
| |
---|---|
Skrywer | Richard Ford |
Land | Verenigde State |
Taal | Engels |
Genre | Roman |
Uitgewer | Alfred A. Knopf |
Uitgegee | 13 Junie 1995 |
Medium | Druk (gebind & sagteband) |
Bladsye | 464 |
ISBN | 0-679-49265-8 |
Voorloper | The Sportswriter |
Vervolg | The Lay of the Land |