The Sportswriter
The Sportswriter is 'n roman van die Amerikaanse skrywer Richard Ford wat die eerste keer in 1986 gepubliseer is. Die is die eerste in 'n reeks van vier boeke fiksie (drie romans en een versameling novelles) wat oor die lewe van die protagonis Frank Bascombe handel. Die ander dele van die Bascombe tetralogie is die roman Independence Day (1995), die roman The Lay of the Land (2006), en die versameling novelles getiteld Let Me Be Frank with You.
The Sportswriter
| |
---|---|
Skrywer | Richard Ford |
Omslagontwerper | Louie (ontwerp), Rick Lovell (illustrasie) |
Land | Verenigde State |
Taal | Engels |
Genre | Roman |
Uitgewer | Vintage Books |
Uitgegee | Maart 1986 |
Medium | Druk (gebind & sagteband) |
Bladsye | 375 |
ISBN | 0-394-74325-3 |
Vervolg | Independence Day, The Lay of the Land en Let Me Be Frank with You |
Die Amerikaanse televisiekanaal HBO het in 2007 beplan om Ford se drie Bascombe romans wat toe alreeds gepubliseer was in 'n ses-uur-lange minireeks te verwerk, maar daardie dramatisering is intussen gestaak en geen ander produksiemaatskappye het hulle intussen tot 'n soortgelyke projek verbind nie.