Indigirka
Die Indigirka (Russies: Индиги́рка; Jakoeties: Индигиир) is 'n groot noord-vloeiende rivier in die Russiese Verre-Ooste. Dié rivier, met 'n lengte van 1 726 km (1 072 myl), ontstaan deur die saamvloei van die Chastach en Taryn-Joerjach in Soentar-Chajata, Jakoetië, net noordwes van die Kolima se bron. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordelike rigting deur die Jakoetië-republiek en bereik Oimjakon, een van die koudste bewoonde plekke ter wêreld. Verder noord bereik dié rivier agtereenvolgens Oest-Nera, Chonuu asook Belaja Gora en mond noord van Chokoerdakh in 'n delta in die Oos-Siberiese See uit.[1]
Indigirka | |
---|---|
Die Indigirka by Oest-Nera | |
Die stroomgebied van die Indigirka | |
Oorsprong | Soentar-Chajata, Jakoetië, Rusland |
Monding | Jakoetië, Rusland Oos-Siberiese See |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 726 km (1 072 myl) |
Oorspronghoogte | 790 m (2 592 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 1 810 m³/s (64 000 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 360 400 km² (139 200 myl²) |
Kaart van die Indigirka-bekken in Asië
|
Die Indigirka se omgewing is gekenmerk deur die Taiga, wat by die kus verder noord in Toendra oorgaan. Dié rivier vries in Oktober en bly tot Mei-Junie onder die ys.
Verwysings
wysig- ↑ "Indigirka River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2019. Besoek op 17 Augustus 2017.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Indigirka.