Isfara
Isfara is 'n stad in die Sughd-provinsie in noordelike Tadjikistan. Dit het 'n bevolking van omtrent 40 600. Isfara is die hoofstad van die Isfara-distrik.
Kaart | Vlag |
Wapen | |
Land | Tadjikistan |
Provinsie | Sughd |
Koördinate | 40°07′N 70°38′E / 40.117°N 70.633°O |
Gestig op | 10de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 832 vk km |
Hoogte bo seevlak | 863 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2008) | 40 600 |
- Bevolkingsdigtheid | 48,8/vk km |
Tydsone | UTC +5 |
Burgemeester | Muhiba Yakubova |
Amptelike webwerf |
Geskiedenis
wysigIsfara is een van die oudste stede in Sentraal-Asië en het oorspronklik bekend gestaan as Asbara. Vroeër was dit 'n belangrike tussenstop op die noordelike tak van die bekende Groot Syroete, wat van Samarkand na Khojand en Isfara en van hier oor die berge na Kasjgar, Indië en Afghanistan geloop het. Isfara beskik met die Hazrati Shoh-praalgraf, wat uit hout vervaardig is, oor 'n unieke kunshistoriese erfenis uit hierdie periode.
In die 11de en 12de eeu het die stad ook 'n ekonomiese opswaai beleef. Baboer (1482-1530) het van Isfara een van die belangrikste stede in die gebied gemaak. Die stad se indrukwekkende groot historiese geboue soos byvoorbeeld moskees is in die 16de eeu opgerig. In die 17de eeu het Isfara onder die heerskappy van die Kokand-khanaat gekom.
Mense
wysigDie bevolking van Isfara is merendeels Tadjik.
Jaar | Bevolking | Tipe |
---|---|---|
1989 | 34 500 | sensus |
2000 | 37 000 | sensus |
2007 | 37 922 | skatting |
Ekonomie
wysigSowat twintig nywerhede vervaardig elektriese, chemiese en metallurgiese produkte, boumateriale, voedsel- en ander produkte. Isfara staan daarnaas bekend vir sy appelkoostuine.